Louis Althusser | |
Geboortenaam | Louis Pierre Althusser |
---|---|
Gebore | Birmendreïs, Algerië | 16 Oktober 1918
Oorlede | 22 Oktober 1990 (op 72) Parys, Frankryk |
Nasionaliteit | Frankryk |
Vakgebied | Politiek, ekonomie, ideologie |
Instelling(s) | École Normale Supérieure |
Alma mater | École Normale Supérieure, Universiteit van Parys Universiteit van Pikardië |
Bekend vir | For Marx (1965) Reading Capital (1965) "Ideology and Ideological State Apparatuses" (1970) |
Beïnvloed deur | Gaston Bachelard, Georges Canguilhem, Jean Cavaillès, Sigmund Freud, Antonio Gramsci, Georg Wilhelm Friedrich Hegel, Jacques Lacan, Wladimir Lenin, Niccolò Machiavelli, Karl Marx, Charles Montesquieu, Jean-Jacques Rousseau, Baruch Spinoza |
Invloed op | Giulio Angioni, Alain Badiou, Étienne Balibar, Pierre Bourdieu, Judith Butler, Gilles Deleuze, Michel Foucault, Anthony Giddens, Dominique Lecourt, Pierre Macherey, Jacques-Alain Miller, Nicos Poulantzas, Jacques Rancière, Stephen Resnick, Richard D. Wolff, Slavoj Žižek |
Louis Pierre Althusser (Birmendreis, Algerië, 16 Oktober 1918 – Parys, 23 Oktober 1990) was 'n Franse filosoof en een van die invloedrykste Marxiste van die twintigste eeu en word gewoonlik onder die strukturiste gekategoriseer. Sy werke Lire le Capital en Pour Marx (albei gepubliseer in 1965) bevat 'n invloedryke herinterpretasie van die werke van Karl Marx.[1] Hy het Marx se oeuvre op 'n anti-humanistiese manier geïnterpreteer, waarin die rol van die onderwerp geminimaliseer word en die klem val op die rol van strukture. Dit het gelei tot die humanisme debat met Althusser en sy volgelinge aan die een kant en die Franse Kommunistiese Party (PCF) met skrywers soos Roger Garaudy, maar ook Jean-Paul Sartre aan die ander kant.[2]
Die werk van Althusser het onder andere betrekking op die werking van ideologie en die verhouding daarvan met die wetenskap. Vir die analise daarvan berus hy op beide Marxisme (Karl Marx, Antonio Gramsci, Wladimir Lenin), die wetenskapsfilosofie (Gaston Bachelard, Michel Foucault), die psigoanalise van Jacques Lacan sowel as die politieke filosofie van Baruch Spinoza. Onder sy leerlinge was Étienne Balibar, Jacques Rancière, Pierre Macherey, Dominique Lecourt, Jacques Derrida en Michel Foucault.